EENKEER IN ‘N LEEFTYD ….
Eenkeer in ‘n leeftyd
Begin ‘n feeverhaal op skool
Wanneer ‘n voorbarige graad 10 seun
Jou vra op ‘n date.
‘n Langafstand verhouding het eers nie uitgewerk
Totdat albei deur die lewe se skool
Gebrei is tot volwassenheid.
Eenkeer in ‘n leeftyd
Vind jy iemand spesiaal
Wat nie net jou hart aanraak
Maar ook die drome in jou oë lees
En alles in sy vermoë doen
Om daardie drome waar te maak!
Eenkeer in ‘n leeftyd
Ontdek jy iemand so spesiaal
By wie jy net jouself kan wees
Al verstaan hy niks van jou stress
Kan hy al die emosies in jou oë lees
En maar net aanhou bemoedig en troos
‘n vroue siel ….. so broos!
Eenkeer in ‘n leeftyd
Is jy die gelukkige een
Wanneer hy ‘n groot offer bring …
‘n pragtige ring!
Die dag toe jy weer in my lewe instap
Was my lewe vol geluk en seën!
JANA EN CHARL ….
Ja, jy het reg verstaan! Die verhouding het op skool begin en opgebreek toe Jana op universiteit was. Miskien was dit so bedoel, sodat albei eers op hulle eie loopbane kon fokus en meer volwasse kon raak.
Toe loop hulle mekaar op Facebook raak in Junie 2014 en gaan saam na ‘n partytjie saam met Jana se universiteitsvriendinne. Dis toe hier waar Cinderella nie haar skoen nie, maar haar selfoon verloor! Prins Charming, op sy goue perd (Hilux), het natuurlik dadelik ‘n iPhone beskikbaar gehad om tot haar redding te kom. Hy het ook baie gewillig hulp aangebied om die nuwe tegnologie te bemeester!
Op 18 Augustus 2014, by Umkomazi Wildsplaas, vra Charl haar weer om net sy meisie te wees. Hoe kon sy nee sê …. Met Charl op sy knieë, omring deur die natuur …. en sjampanje om die hereniging te vier! En dis hier waar hulle albei besef het dat ‘n tere liefdesvlammetjie van lank gelede weer opnuut vlam gevat het……om nooit weer geblus te word nie!
Na maande se soektog na “die regte een”, koop Charl ‘n verloofring, maar wag 4 maande voordat hy op 13 April 2016 die ring aan haar vinger steek. ‘n Baie romantiese “lunch by roses” by ‘n restaurant in Ermelo, en natuurlik het Jana sonder twyfel Ja gesê.
Die eerste naweek as verloofde paartjie, op die wit strande van Mozambiek, haal Jana haar ring af om room aan haar hande en arms te smeer, en vergeet van die ring wat sy op haar skoot neergesit het! Toe sy vir Charl en hulle vriende vertel dat haar ring in die sand verdwyn het, het hulle haar nie geglo nie. Maar haar natgehuilde oë, sandbedekte arms en bene en rooi knieë het hulle gou laat besef dat dit die waarheid is. Dis tog nie in haar natuur is om só te lyk nie! Na ‘n groot beloning aan die plaaslike bevolking aangebied is, begin ‘n klomp mense entoesiasties grawe en skielik verskyn die ring soos iets uit ‘n kulkunstenaar se hoed! En net soos hulle liefdesstorie ….. het hierdie episode ook ‘n gelukkige einde gehad.
Ou skoolvriend wat alles saam met Charl doen.
Amper ‘n “bromance” as mens inag neem dat Riaan al Charl se metgesel was na ‘n troue, omdat Jana moes werk.
Aangenome vriend van Riaan. Die grootste ou, met die kleinste hartjie en grootste ore om na ‘n pel se probleme te luister.
Charl se oudste skoolvriend.
Ken mekaar al van kleuterskooldae af. Iemand wat altyd daar is as jy hom nodig het.
Charl se enigste broer/Ouboet
Saam het die twee boeties se kattekwaad hulle ma ‘n hele paar voortydige gryshare besorg.
Altyd daar om die vrede te bewaar in die familie.
’n Kosbare vriendskap wat begin het as ’n besigheidskennis wat saam begin golf speel. Deo se uitnemende geaardheid maak van ’n golfsessie ’n aangename ondervinding! Hy en Charl se verhouding het “gebier” etlike tye op die golfbaan.
Ontmoet Jana in hulle eerste jaar van internskap.
Het saam baie harde bene gekou as nuwe, jong dokters in ‘n staatshospitaal met al sy drama! In sulke moeilike omstandighede weet mens wanneer jy ‘n juweel ontdek het wat jy vir die res van jou lewe wil koester. Iemand wat ‘n hartsvriendin word, saam met wie jy ‘n glasie wyn kan drink na ‘n ontstellend moeilike dag in ongevalle!
Saam medisyne geswot op TUKS.
‘n Hegte vriendskap wat ontwikkel het tussen menige babas wat gevang is en keizers wat gedoen is. Daar is laat aande omgekuier en gelag oor die dramas wat in die hospital afgespeel het gedurende die dag! ‘n Vriendin wat baie moeite doen met voicenotes van meer as 20 minute! Ek kan ‘n ‘audiobook’ met hulle skryf en die naam van die boek sal wees: ‘Words of encouragement to young female doctors’.
Het ook in Ermelo grootgeword, maar ontmoet eers op die stoepe van Witbank Provinsiale Hospitaal.
‘n Hartsvriendin soos min met ‘n borrelende geaardheid wat sommer my gemoed lig wanneer ek moeg en oorwerk is. Ook die mammafiguur in ons vriendekring, wat ons gemoedere kalmeer met iets lekkers uit haar eie kombuis en ons laat huistoe verlang na Ma se kos.
Charl se sussie
Die sussie wat Jana nooit gehad het nie.
Altyd bereid om êrens te help en haar ore te leën as Jana raad nodig het.‘n Kreatiewe mens wat haar geluk vind deur iets met haar hande te skep…of dit nou ‘n breinaald of verfkwas is.
’n Steunpilaar en baie spesiale vriendin, wat nog altyd vir Jana daar was., vandat haar en Charl se verhouding op skool begin het. ’n Skoonsus wat meer ’n “Ousus” geword het, en altyd gereed staan om moed in te praat of raad te gee oor allerdaagse goed.
Jana se pa
Hoe sê mens dankie vir só ‘n beginselvaste pappa wat nog altyd die regte voorbeeld vir ons gestel het. ‘n Pappa wat ons geleer het om op die Here te vertrou, om hard te werk en net ons beste te gee in elke situasie. ‘n Pappa by wie ons altyd veilig en gekoester gevoel het omdat sy lewe rotsvas op Jesus gebou is.
Jana se ma
‘n Mamma so na aan ‘n dogter se hart. ‘n Mamma wat haar familie nog altyd só selfloos en met liefde bedien het. Waar ons eerstehands geleer het wat Jesus-liefde is – ‘n onvoorwaardelike liefde wat sagmoedig en geduldig is.‘n Spreuke 31 vrou wat die beste moontlike voorbeeld prober stel vir haar kinders.
Altyd besig om ‘n ietsie te brei of hekel vir al haar kinders.
Oom Willy se ma
Merkwaardige ouma wat vier kinders alleen grootgemaak het wat almal die mooiste geaardheid het. Sy het haar kinders geleer om onvoorwaardelik lief te hê en om hard te werk en altyd alles na die beste van hulle vermoens te doen.
Charl se ma
Het vrou-alleen na oom Carel se dood die besigheid oorgeneem en in ‘n man se wêreld diep spore uitgetrap met ‘gumboots’ tussen fondasies en rioolpype. ‘n Sterk mamma wat nog altyd haar kinders se belange bo haar eie stel.
Agter elke suksesvolle Van Heerden seun, staan daar ‘n hardwerkende, liefdevolle mamma.
Tannie Roelien se man
‘n Maat wat tannie Roelien so nodig gehad het na jare se alleen staan in ‘n man se wêreld.
Liefde vir visvang en jag…nes al die van Heerden mans
!
Het vir die troue bokse vol wyn geskenk (Baie dankie Pa!)
Tannie Roelien se ma
‘n Liewe ouma wat ‘n mamma se plek moes volstaan, terwyl sy ‘n pappa se gumboots moes volstaan om die pot aan die kook te hou. ‘n Ouma wat maar te gewillig was om pousse vir Charl lekker vars eetgoed by die skool af te laai in haar rooi karretjie. ‘n Ouma wat so bedagsaam na elke liewe kleinkind omsien en altyd n tert/koek bak vir elke geleentheid.